95ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 12 Maart 2023 | |
Plek | Dolby-teater, Hollywood | |
Aanbieder | Jimmy Kimmel | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Everything Everywhere All at Once | |
Beste regisseur | Daniel Scheinert en Daniel Kwan | |
Beste akteur | Brendan Fraser | |
Beste aktrise | Michelle Yeoh | |
Meeste pryse | Everything Everywhere All at Once (7) | |
Meeste benoemings | Everything Everywhere All at Once (11) |
Die 95ste Oscar-toekenningsaand is op 12 Maart 2023 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, gehou om met Oscars, ook bekend as Academy Awards, erkenning te gee aan die rolprente van 2022. Jimmy Kimmel het die geleentheid vir die derde keer aangebied, ná 2017 en 2018.[1]
Die prent Everything Everywhere All at Once het die meeste pryse gewen (7), onder meer die een vir beste prent.[2][3] Die ander wenners van meer as een prys was All Quiet on the Western Front (4) en The Whale (2).
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search